Welkom by Wonderland en Arcadia se webwerf!
Ons glo in speel-gebaseerde leer, en het ons benadering gebaseer op Montessori- en Mind Moves-beginsels. In ons veilige en stimulerende omgewing kan jou kind verken, vaardighede ontwikkel en sy of haar kreatiwiteit uitleef.
Wonderland is in 2021 begin deur Elzabé Koen, ‘n grondslagfase onderwyseres met ‘n passie vir kinderontwikkeling. Haar doel was om ‘n omgewing te skep waar elke kind se unieke persoonlikheid en leerstyl geakkommodeer kan word.
In 2024 voeg ons ‘n nuwe tak by: Arcadia. Arcadia bied ‘n sentrum met fasiliteite vir kinders wat tuisonderrig ondergaan. Hier sal ons voortbou op die fondasie van Wonderland, terwyl ons die geleentheid bied vir ouers en leerders om ‘n persoonlike benadering tot opvoeding te volg wat pas by hul unieke behoeftes en doelwitte. Enige tuisonderigleerder kan van ons sentrum gebruik maak, ongeag die program wat gevolg word.

Voorskool
Ons akkommodeer kinders vanaf 3 maande tot 6 jaar.
Vanaf N$1 815 per kind, per maand.

Tuisonderrig
Ons sentrum bied fasiliteite vir tuisonderrig studente.
Vanaf N$1 050 per kind, per maand.

Pakette
Ons bied verskeie pakette om elke sak te pas. Vanaf N$1 815 per kind,
per maand.
Ons verstaan die behoeftes van besige ouers, en daarom bied ons vroeë aflaai-tye vanaf 06:30 aan. Ons bied ook pakkette aan wat maaltye insluit – geen meer kopseer met kosblikke inpak nie. Ons bedien ontbyt, ‘n 10:00-versnapering, middagete en ‘n 15:00-versnapering. Al hierdie etes is gebalanseerde maaltye om jou kind te voed en energie te gee.
By Wonderland het ons span lede wat in noodhulp gekwalifiseer is en ons is toegerus om te verseker dat jou kind in ’n veilige omgewing is. Ons glo in die waarde van leer deur speel, veral in ons Wonderland-afdeling. Ons glo dat spel ‘n noodsaaklike komponent van ‘n kind se leer en ontwikkeling is. Dit stel kinders in staat om die wêreld rondom hulle te verken, hul vaardighede te ontwikkel en hul verbeelding uit te druk.
Klim, swaai en die verkenning van teksture is belangrike vorme van spel wat kinders help om hul groot motoriese vaardighede, balans en koördinasie te ontwikkel. Hierdie aktiwiteite bied ook ‘n gevoel van uitdaging en prestasie, wat selfbeeld en selfvertroue bevorder. Speel is ook ‘n natuurlike manier vir kinders om te leer en sin te maak van die wêreld rondom hulle, terwyl hulle hul probleemoplossings- en kritiese denkvaardighede ontwikkel.
