Aan die hoof van ons toegewyde span is Elzabé, ondersteun deur Miena, Meneer Louis, Juffrou Betsie en Juffrou Elricia. Lees oor hul agtergrond, asook meer oor ons waardes, ons benadering tot onderrig, en ons verbintenis tot ‘n inklusiewe en diverse opvoeding. Dit alles is deel van ons strewe om ‘n omgewing te skep waarin elke kind kan uitblink en floreer.

Elzabé Koen

Elzabé het haar onderwysstudies aan die Cape Peninsula University of Technology in die Wes-Kaap, Suid-Afrika voltooi. Nie net is sy ‘n grondslagfase-opgeleide juffrou met meer as 13 jaar ervaring in die onderwys nie,  sy is ook opgelei in Mind Moves, Neuro-Dynamix, skoolgereedheid, leesgereedheid, en Mind Moves vlak 1 opleiding. Gedurende haar loopbaan, het Elzabé haar kennis en leierskap by verskeie skole en instellings in Namibië toegepas. Voor Wonderland in 2021 gestig het, het sy haar passie vir onderrig by Hoërskool Walvisbaai uitgeleef, waar sy ook as ‘n departementshoof gedien het.

Hermiena Range

Miena is tans besig met haar studies in graad 4 tot 7 onderrig deur die Universiteit van Namibië (UNAM) en sal haar kwalifikasie in 2024 ontvang. Haar passie vir die opvoeding en ontwikkeling van kinders is duidelik in alles wat sy doen. Sedert 2019 is Miena betrokke by kindersorg en onderrig, en sy het ‘n spesiale plek in die harte van ons Wonderland-maats. Haar liefde vir kinders en toewyding aan hul welstand is onmiskenbaar, en sy help skep ‘n veilige en ondersteunende omgewing waarin elke kind kan floreer. Miena is nie net ‘n toegewyde opvoeder nie, maar sy het ook ‘n breë kennisbasis en is gekwalifiseer in Mind Moves vlak 1 en noodhulp.

Meneer Louis

Mnr Louis is ’n ervare opvoeder met ’n BA Honneurs, ThB + K IV en ’n HOD-kwalifikasie. Hy bring ’n wye kennisbasis en jare se ondervinding na Arcadia, met ’n sterk fokus op akademiese ontwikkeling en begrip. Sy passie vir kinders en hul leer is duidelik in sy benadering – hy verduidelik konsepte geduldig en deeglik totdat dit sin maak, en gee nie maklik op nie. Gedurende sy loopbaan het hy ’n betekenisvolle rol gespeel in die ondersteuning en ontwikkeling van leerders, en skep hy ’n gestruktureerde, maar ondersteunende leeromgewing. As deel van die Arcadia-span dra hy by tot ’n kultuur van deursettingsvermoë, begrip en akademiese groei.

Juffrou Betsie

Juffrou Betsie is ’n ervare grondslagfase-opgeleide juffrou met ’n passie vir vroeë kinderontwikkeling en leer deur speel. Sy bring jare se praktiese onderwyservaring na die klaskamer, waar sy fokus op die ontwikkeling van selfvertroue, basiese vaardighede en ’n liefde vir leer by jong kinders. Gedurende haar loopbaan het sy met toewyding en sorg in verskeie leeromgewings gewerk, en ’n veilige, ondersteunende ruimte geskep waar elke kind kan ontwikkel en floreer. As Graad R-juffrou by Wonderland, pas Juffrou Betsie haar kennis en ervaring toe om leerders voor te berei vir hul verdere skoolloopbaan op ’n gebalanseerde en stimulerende wyse.

Juffrou Elricia

Elricia het haar B.Ed. Grondslagfase-graad voltooi en het ’n groot liefde vir kinders en leer deur speel. Elricia het vroeër met kinders gewerk deur perdondersteunde terapie, waar perde gebruik word om kinders te help ontwikkel – om selfvertroue te bou, beter te fokus en nuwe vaardighede aan te leer op ’n rustige, natuurlike manier. Sy bring kreatiwiteit, geduld en warmte na die klaskamer, en ons weet ons klein sterretjies gaan by haar floreer!

Ons belofte

Ons toegewyd tot die welstand, groei en sukses van elke kind wat ons toevertrou word. Ons erken die belangrikheid van hierdie vertroue en ons sal streef na ‘n omgewing wat veilig, ondersteunend en liefdevol is, waarin u kind kan floreer en ontdek. Ons sal elke kind se unieke behoeftes en belange erken en hulle help om hul potensiaal te bereik.

Ons sal ‘n positiewe en inklusiewe leeromgewing bevorder waarin elke kind ‘n gevoel van selfvertroue en selfwaarde kan ontwikkel. Ons sal saam met ouers werk om elke kind se opvoeding te bevorder en om ‘n sterk bande tussen die skool en die huis te skep.

Ons beloof om u kind te ondersteun in sy of haar leerreis en om ‘n passie vir leer en ontdekking aan te moedig. Ons sal saam met u werk om die best moontlike opvoeding vir u kind te verseker.

Missie

Ons streef daarna om ‘n gemeenskap te bou waar elke kind gerespekteer word, geliefd voel, en ondersteun word om sy of haar volle potensiaal bereik. Ons sien onsself as ‘n katalisator vir die ontwikkeling van intellektuele, emosionele en fisieke welstand van ons kinders. Ons droom is om ‘n gemeenskap van leerders te kweek wat selfbewus, verantwoordelik en medegevoelig is, gereed om uitdagings aan te pak en suksesvolle, vervulde lewens te lei.

Waarin ons glo
  • Leer deur speel: Deur aktief die wêreld te verken, probleme op te los en kreatief te dink, kan leerders hulself ontwikkel op fisieke, intellektuele, emosionele en sosiale vlakke.
  • Unieke identiteit: Elke kind is ‘n unieke individu met sy of haar eie behoeftes, belange en sterkpunte. Ons streef daarna om elke kind se unieke identiteit te erken, te ondersteun en te bevorder.
  • Holisme: Ons benadering tot onderwys fokus nie net op akademie nie, maar ook op die emosionele, sosiale en fisieke welstand van elke kind. Ons wil leerders help om ‘n gebalanseerde lewe te lei.
  • Positiewe leeromgewing: Ons wil ‘n omgewing skep waarin leerders selfvertroue kan opbou, risiko’s kan neem en leer uit hul foute. Ons moedig ‘n positiewe en inklusiewe omgewing aan waar elke kind welkom voel.
  • Respek vir omgewing: Ons is toegewyd tot die bevordering van omgewingsbewustheid en ‘n liefde vir die natuur. Ons glo dat deur ‘n respekvolle verhouding met die omgewing te ontwikkel, leerders meer verantwoordelike burgers van die wêreld kan word.
  • Ouerskap en samewerking: Ons glo in ‘n sterk samewerking tussen skool en ouers. Ouers is ‘n belangrike deel van die opvoedingsproses en ons waardeer hul insette en betrokkenheid.
  • ‘Lifelong learning’: Ons wil ‘n liefde vir leer aanmoedig wat nie net by die skoolpoorte eindig nie. Ons streef daarna om leerders te help om ‘n lewenslange passie vir kennis en ontdekking te ontwikkel.

Ons benadering

In die klaskamer

Ons toegewyd om ‘n unieke benadering tot onderrig te volg wat die leerder as die sentrale fokus stel. Ons kleiner klaskamers het die gevolg dat ons aan elke leerder individuele aandag kan gee, wat lei tot ‘n meer persoonlike leeromgewing waar kinders selfvertroue kan opbou en selfstandigheid kan ontwikkel. Hierby voeg ons ‘n inklusiewe sosiale omgewing waar elke kind gerespekteer en geliefd word, wat vriendskappe en ‘n gevoel van gemeenskap aanmoedig.

‘n Kernaspek van ons benadering is die bevordering van ‘n balans tussen akademiese en kreatiewe ontwikkeling. Ons moedig die ontwikkeling van kreatiewe vaardighede, soos kunstenaarskap en musikaliteit, en ons erken die belangrikheid van fisieke aktiwiteite om ‘n gesonde lewenstyl te bevorder.

Ons is gedrewe om ‘n omgewing te skep waarin elke kind kan uitblink, groei, en floreer.

Buitemuurse aktiwiteite

By Wonderland en Arcadia glo ons in die belangrikheid van ‘n ryk en diverse leerervaring. Dit sluit nie net in wat ons binne ons skoolgrense aanbied nie, maar ook die geleentheid om deel te neem aan ‘n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite wat elke kind se unieke belange en talente aanvul.

Ons leerders neem deel aan ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite, soos gimnastiek, musieklesse, kunsklasse, leesklasse, perdry, boogskiet, en nog vele meer. Hierdie aktiwiteite bied ‘n waardevolle geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel en ‘n passie te ontdek.

Ons span ondersteun leerders ten volle om deel te neem aan hierdie buitemuurse aktiwiteite, selfs al bied ons dit nie direk aan nie. Ons glo dat dit belangrik is om ‘n balans te vind tussen akademie en kreatiwiteit en om ‘n diverse opvoeding aan ons leerders te bied.

Kinders se veiligheid

By Wonderland en Arcadia is die welstand en veiligheid van ons leerders van uiterste belang. Ons is trots op die prestasies en aktiwiteite van ons kinders en ons wil hierdie spesiale oomblikke graag deel met die gemeenskap.

Terselfdertyd verstaan ons die ernstige uitdagings en risiko’s wat aanlynaktiwiteite vir kinders kan inhou, en ons toegewyd om elke moontlike voorsorgmaatreël te tref om ons leerders te beskerm. Dit is hoekom ons nooit ‘n leerder se identiteit sal bekend maak op ons webwerf, of sosiale platforms nie. As ons fotos van ons leerders plaas, verbloem ons hul gesigte. Ons het ‘n duidelike en verantwoordelike benadering om die privaatheid van ons leerders te beskerm en om die risiko’s van onverantwoordelike internetgedrag te verminder.